Cover of Tenk

EPUB · Afrikaans

Tenk

Price and availability

$16.99

Available in: Andorra, Austria, Australia, Belgium, Bulgaria, Canada, Switzerland, Cyprus, Czechia, Germany, Denmark, Estonia, Spain, Finland, France, United Kingdom, Guernsey, Greece, Croatia, Hungary, Ireland, Isle of Man, Iceland, Italy, Jersey, Japan, Liechtenstein, Lithuania, Luxembourg, Latvia, Monaco, Malta, Netherlands, Norway, Poland, Portugal, Romania, Sweden, Slovenia, Slovakia, San Marino, United States, Vatican City, South Africa

Stores: US, UK, Canada, EU, Australia.

Sign in to buy

The price is re-checked by the server before payment.

For personal use under the eBook licence.

Format
EPUB
DRM
Not stated by the publisher
Language
Afrikaans
Publisher
Penguin Random House South Africa
Published
1 May 2022
ISBN
9781485904960
Subjects
War & combat fiction, Romance, Historical romance, Historical fiction, Historical fiction

About this book

1987. ’n Konvooi vegvoertuie is op pad na Angola om oorlog te maak. Vir die eerste keer is Suid-Afrikaanse tenks deel van die opmars om die Rooi Gevaar te stuit. Kommandant Leon Marais dra nie net die las as bevelvoerder nie, maar bots ook met sy direkte hoof. Marius is nie ’n man wat daarvan hou om beveel te word nie. Tenkbemanningslid, Abrie Ahlers worstel met sy eie probleme. Sal hy sy belofte kan nakom om betyds terug te wees vir die troudatum met sy sewentienjarige swanger meisie? Sal hy enigsins terugkom? En hoekom lieg hy oor die dood van sy pa? Die insypelaar, majoor Cassie van der Merwe, moet in gevaarlike omstandighede te voet op die vyand spioeneer, en Pietie de Villiers, die jong dokter sonder enige weermagopleiding, word getaak om ’n mediese pos in ’n vyandelike gebied te beman. Sersant Pierre Wessels praat ’n beangste dienspligte moed in en dra ’n gewonde 32-makker na veiligheid onder swaar bombardement. Motorwerktuigkundige Lappies Labuschagne moet al sy vernuf as soldaat inspan om met ’n mankolieke Ratel ’n gedugte Russiese tenk aan te vat. Dit is van die grootste veldslae met Suid-Afrikaanse tenks in Angola. Daar is soldate wat sterf en vermink word. Ander breek onder die spanning. Almal keer terug met wonde in hul gemoed. Dit is Operasie Modulêr. Dit het alles gebeur.

Bibliographic data © Gardners Books Ltd.

Tenk by Pieter Stoffberg (eBook) | HELPERG Books